Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN
"Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25398] Do, 19 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

EK HET ‘N HUISIE BY DIE SEE
H.A. Fagan

Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil – 'n kreun, 'n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
Dit is 'n rots waarop my huisie staan.
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25399 is 'n antwoord op boodskap #25398] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Het jy geweet dat Laurika Rauch di'e sing? Ek het nie geweet dat dit 'n
gedig van HA Fagan is nie. Wonder wie't dit getoonset?

Groete,
Dries

@sympatico.ca wrote in article ...
EK HET 'N HUISIE BY DIE SEE
H.A. Fagan

Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25400 is 'n antwoord op boodskap #25398] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Aug 1999 20:58:25 +0200, "Dries Venter" wrote:

|Gloudina,
|
|Het jy geweet dat Laurika Rauch di'e sing? Ek het nie geweet dat dit 'n
|gedig van HA Fagan is nie. Wonder wie't dit getoonset?
|
Sy't baie van haar eie goed self getoonset - sal nie verbaas wees as dit ook
hier die geval was nie.
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25428 is 'n antwoord op boodskap #25398] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Moontlik haar man. Hy skryf en toonset blykbaar heelwat van haar 'goed'.
Puik! En hy's blykbaar 'n dosent of soiets in ekonomie!

Dries Venter wrote in message ...
> Gloudina,
>
> Het jy geweet dat Laurika Rauch di'e sing? Ek het nie geweet dat dit 'n
> gedig van HA Fagan is nie. Wonder wie't dit getoonset?
>
> Groete,
> Dries
>
> @sympatico.ca wrote in article ...
> EK HET 'N HUISIE BY DIE SEE
> H.A. Fagan
>
> Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
> Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
>
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25429 is 'n antwoord op boodskap #25398] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Maar ek hou juis nie van haar later werke nie, m.i is haar eerste werke
(wat nie deur haar man geskryf is nie) baie beter as haar laaste werk, dis
toe sy nog kabaret gedoen het, en voor sy die silly liedjies begin sing
het, so Sonia Heroldt-styl.

Pat

Thys de Wet wrote in article
...
> Moontlik haar man. Hy skryf en toonset blykbaar heelwat van haar 'goed'.
> Puik! En hy's blykbaar 'n dosent of soiets in ekonomie!
>
> Dries Venter wrote in message ...
>> Gloudina,
>>
>> Het jy geweet dat Laurika Rauch di'e sing? Ek het nie geweet dat dit 'n
>> gedig van HA Fagan is nie. Wonder wie't dit getoonset?
>>
>> Groete,
>> Dries
>>
>> @sympatico.ca wrote in article ...
>> EK HET 'N HUISIE BY DIE SEE
>> H.A. Fagan
>>
>> Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
>> Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
>>
>
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25450 is 'n antwoord op boodskap #25398] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

reisiger wrote:

> Plaas maar julle gediggies. Dit is van diepere estetiese
> waarde. Sal die geleendheid gebruik om dit vir julle uit te
> wys.
>
> Die pad na genesing nou eers verstaan. Dankie ng, dankie
> gediggie skrywers, dankie sielkundiges.
>
>
> . Die lekkerste sports is om weg te bly en dan terug
> te kom onder 'n ander masker (persoonlikheid) en speletjies
> met julle te speel. Net om te kyk hoe lank vat dit Leendert
> om vir Gloudina 'n boodskap te skryf - "You've got mail..."
> Lekker fliek. Geniet maar die spel. Ek geniet dit ook.

Wel reisiger, dit het tyd geword om te begin eksploreer.Ek kan nie dink dat jy
een van die ouens is wat vir 'n ruk
weggebly het en nou weer onder 'n ander masker terugkeer
nie. (Henri Burger? Ek dink nie hy weet so baie van Sai Baba
nie. Johan van Minnesota? Jou geskryf wys nie sy tipiese
denk- en skryfpatrone nie. Leendert? Miskien. Hy is slim
genoeg hiervoor, maar ek dink tog nie so nie.) So gee bietjie
meer clues, reisiger. Jy maak meeste van die tyd geestelike
sin, heeltemal.

Weet jy, reisiger, watter insig ek nou die dag skielik gekry
het. Dat die ou Hindoe en Boedhiste leermeesters met hulle
visualisasies sagteware geskep het wat mens moet inlaai
in die beste rekenaar wat daar nog bestaan: die menslike
brein. Jy kan hierdie visualisasies nie net op papier lees en
dit dan verstaan of benut nie. Jy moet dit inlaai, onthou, oor
en oor gebruik. En dis net verbasend watter verskil dit in jou
maak. Ek dink dis dieselfde soort ding wat gebeur in die
Christelike opset: wanneer jy op jou kniee gaan, wanneer
jy "boekevat." Dis wat die Moslem doen as hy vyf keer
op 'n dag sy kniee buig. Dit is iets wat gedoen moet word.
Jy kan nie net daaroor dink of lees nie. Dis 'n daad. Dan
werk die program. Dan verander daar iets.
Hopende om gou weer van jou te hoor.

Gloudina

>
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25475 is 'n antwoord op boodskap #25398] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Wel reisiger, dit het tyd geword om te begin eksploreer. Ek
kan nie dink dat jy een van die ouens is wat vir 'n ruk
weggebly het en nou weer onder 'n ander masker terugkeer
nie.

Dit is die spel van die persoonlikheid, die masker, van
reinkarnasie, as jy daaraan wil glo. Ng opinies word
opgeskrywe in die boek van die lewe (akasiese rekord) van
menswees. Die probleem was dat die geestelike sienswyse nie
integreerd was met die politieke aspek nie. Nou het dit
uiteindelik saamgesmelt, veral te danke aan jou
verdere ondersteuning.

Die punt van die saak is Indie vs Pakistan en Sjina. En
verkoop van Pelindaba aan Sjina. Indiers voel geestelik
verbind aan Indie, soos die Jode aan Israel. En ek prys die
Oosterse gelowe bo die Katolieke Westerse s'n. Maar Jesus
bly een van my Meesters. So hoe anders moet dit uitgewys
word. Die uiteinde van die saak is dat my kop letterlik
gebars het, en ek glo ek is as instrument gebruik om vir
Indie op te staan. Dit lyk nou dat Indie die oorlog met
Pakistan gewen het. Het 'n voorspelling gehoor dat 'n
kernoorlog in Pakistan / Indie / daar erens gehou gaan
word, en toegekrap gaan word. Daarnaa sal dit opgekrap
word, en WW3 sal daaruit ontweikkel. Hoop dit is stop
gesit.

(Henri Burger? Ek dink nie hy weet so baie van Sai Baba
nie.

Laat hy weer sy vrae pos. Weet self nie baie nie, maar het
'n paar boeke gelees. Ek krap in baie geloofs aspekte rond,
maar om net in een aspek in te delf vat 'n lang tyd.

Johan van Minnesota? Jou geskryf wys nie sy tipiese denk-
en skryfpatrone nie.

Leendert? Miskien. Hy is slim genoeg hiervoor, maar ek dink
tog nie so nie.) So gee bietjie meer clues, reisiger. Jy
maak meeste van die tyd geestelike sin, heeltemal.

Hier is darem iemand wat mense probeer verstaan, en bereid
is om hulle reg te help.

Dat die ou Hindoe en Boedhiste leermeesters met hulle
visualisasies sagteware geskep het wat mens moet inlaai in
die beste rekenaar wat daar nog bestaan: die menslike
brein...

Stem saam met alles in hierdie paragraaf. Het al in die
vroee 80's begin met meditasie, visualisasie ens. Dit is
die elikser van die lewe. Maar die politieke kant het regs
gebly. Dit was die probleem. Nou is dit integreerd. Jy kan
inlaai todat jy blou is in die gesig, wanneer jou
samelewing aan die buitekant isoleerd bly, en nou en dan
opgesweep word met wat mense hier skrywe, is dit 'n
probleem. Een persoon in isolasie sorg vir wrywing in die
hele samelewing.

Enige addresse vir aflaai van meditasies, ens. sal wardeer
word, asook advies hoe om mense se opinies te benader
wanneer konsepte verduidelik word. Byvoorbaat baie dankie.

Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25624 is 'n antwoord op boodskap #25398] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek haal aan:
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite; hier binne is dit
veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan =96 Dit is =91n rots
waarop my huisie staan.

Ek bedoel nie vuurtjie hier beledigend nie. Dit kan so
interpreteer word. 'n Mens moet oppas wat jy skryf. Dit kan
'n gevaarlike plek word hierdie.

Dit is makliker om die land se (miskien) komende
rewolusievure te beheer van Pretoria af as van langs die
see. Ek beskuldig die Owerhede glad nie dat hulle dit
aangesteek het nie. Vandag verstaan ek hoekom die VSA
ambassade in Prtoria gebou is, met al die fasilitieite. Die
Engelse lied lui nie verniet "We are marching to Pretoria,
Pretoria rules the waves" nie.

'n Voorspelling oor SA lui dat nadat fratsgolwe in SA mense
ingesluk het, die geweld sal stop. Daarna sal net armoede
ons probleem wees.
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25625 is 'n antwoord op boodskap #25398] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Reisiger skryf..
Met die regop draai van die aarde se as, en die gevolglike
smelting van die pole, wat die seevlak sal verhoog, sal ek
aanraai dat die Parlement van Kaapstad na Pretoria
verskuif.

Wil net bevoeg dat die smelting van die pole 'n gelydelike
proses is, wat al jare besig is. Het geen profesie gehoor
van fratsgolwe in die Kaap nie. Net EEN fratsgolf elders.
Aan die ander kant is dit makliker om 'n land te beheer van
die bopunt as vanaf die onderpunt.
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25626 is 'n antwoord op boodskap #25398] Sa, 28 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BOB...  is tans af-lyn  BOB...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
reisiger wrote in article
...
> Reisiger skryf..
> Met die regop draai van die aarde se as, en die gevolglike
> smelting van die pole, wat die seevlak sal verhoog, sal ek
> aanraai dat die Parlement van Kaapstad na Pretoria
> verskuif.
>
> Wil net bevoeg dat die smelting van die pole 'n gelydelike
> proses is, wat al jare besig is. Het geen profesie gehoor
> van fratsgolwe in die Kaap nie. Net EEN fratsgolf elders.
> Aan die ander kant is dit makliker om 'n land te beheer van
> die bopunt as vanaf die onderpunt.
>
Re: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN [boodskap #25638 is 'n antwoord op boodskap #25398] So, 29 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
BOB...@eskom.co.za wrote:
>

Indien enigiets hier gekrywe is hoekom ek glo die Parlement
moet Pretoria toe skuif, en mense seergemaak het, vra ek om
verskoning.

Die mense wat my die seerste maak, is diegene wat nie hou
waarvan ek skrywe nie, en nie daaroor kla nie. Hulle
verhinder my om my foute reg te maak, sodat ek 'n beter
diens aan die samelewing kan bied.

'n Mens LEER andere hoe om jou te behandel. Ons probleem is
ons kommunikeer nie as ons nie van iets hou nie. Stilte
beteken dit is goed so.
Vorige onderwerp: Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Volgende onderwerp: Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:37:31 MGT 2024